Oor Bbeskuit

Soos op 2025 11 13 Het jy nou daarvan in jou huis?

“Gee my springbok biltong, gee my boerbeskuit gee my lekker koffie en laat die ander uit” So sing die bekende liedjie van weleer en so, word vertel, het die ou voortrekkers en boerekrygers beskuit en biltong saamgeneem op die langpad

Presies waar dit begin het weet ek nie, maar beskuit is so suid-Afrikaans as wat kan kom. Dit word steeds saamgeneem op reis en het ‘n plekkie iewers in die kombuis of spens vir ‘n tussen-in troos, gasbederfie of ontbyt uitsteller.

Maar hoe gemaak om beskuit te benader vanuit ‘n analitiese oogpunt? Daar moet tog seker ‘n standard wees waarvolgens mens ‘n beskuit kan aanslaan as drie- of vyfstêr, botiek, “met styl” of “uit die boek”.

Soos daar verskeie etiket boeke is, het iemand al die moeite gedoen om met gesag standaarde neer te lê vir hierdie nederig maar belangrike cullinêre verskynsel in die Suid-Afrikaanse, Afrikaanse, kampeerder, jagter, koshuisbrak, student, ex-pat, troepie en oud-stryder se lewens-ervaring?

Vir iemand wat nie weet wat beskuit is nie is ‘n definisie eerstens van pas en hier is myne:

“Beskuit is ‘n eg Suid-Afrikaanse oondgedroogde stafie-koekie wat saam met warm drankies (meestal koffie) geniet word deur dit daarin te doop vir absorbsie-doeleindes en dan in die nat of geweekte staat geëet word.”

Die basiese bestanddele is meel met ‘n rys-agent of bruismeel, , melk of karringmelk,botter of margarien, suiker en eier. Opsionele toevoegings soos muesli, neute,rosyntjies, anys, semels, bessies of sjokolade sorg vir vele variasies. Afhangende van die bestanddele en bak-metode is die benamings boer-beskuit,karringmelk-beskuit, Anys-beskuit of (meer modern) gesondheids-beskuit.

Evaluasie van beskuitgeskied met behulp van die volgende indekse, asse of meetskale, naamlik absorbsievermoë, brokkelgeneighdheid, algemene mondgevoel en smaak.

Absorbeer of opsuig moet dit darem kan wanneer jy hom aan jou koffie blootstel, net genoeg vir effens sagmaak en bietjie koffie saam bring met droogvinger uitpaljas, suie en behaaglik kou. As die stafie te veel absorber, te gou welk, afbreek en spattend terugplons in die koffie, is daar groot fout met die brokkelindeks.

Beskuit het vir groot opgewondenheid gesorg tydens2025 en 2024 se September, erfenismaand, toe die korttermyn versekeringsmaatskappy "Virseker" die "bak-gat" kompetisie geborg het om vas te stel wie is die beste beskuit bakkers in ons land.

In samewerking met Radio Sonder Grense (RSG) was inskrywers genooi om baksels in te stuur na die radiostasie vir evaluasie

Daar was in 2025 rondom vyf honderd inskrywings met Ses finaliste, drie elk in die twee kategorieë naamlik tradisioneel n modern.

tydens Donderdag 13 November 2025 (Nasionale beskuit dag) was die wenners Neels Heydenrich van Ermelo met sy tradisionele anys-beskuit en Magda Janse van Rensburg van Pretoria met haar moderne Alles-in-een ontbyt-beskuit.

Die2024 reaksie en aantal inskrywings(meer as een duisend vyf honderd) het alle verwagtinge oorskry en meer as 400 kilogram beskuit het die radiostasie vanuit feitlik alle uithoeke van die land bereik.

Beskuit-kenners is ingespan om as eerste rondte die beste sewentig inskrywings uit te sonder.

Daarna is die proses herhaal sodat die vyf beste inskrywings laat weet kon word om weer 'n vars baksel in te stuur vir finale evaluasie.

Die wenner en naas-wenners is aangewys op Woensdag 13 November2024 en die datum is toe ook verklaar as Nasionale Beskuit dag.

Die muesli, bos-bessie en wit-sjokolade resep van MarthLÉ Smith was die wenner en haar beskuit wordtans onder die handelsmerk "Kraak" bemark.

Bestellings kan geplaas word by www.kraakbeskuit.co.za

Die bekendste beskuit tans op winkelrakke is "Ouma" wat al vir dekades in die dorpie Molteno vervaardig word en hierdie Ouma "Nan" se kleindogter Carina was ook teenwoordig tydens die 2024 beskuit dag geleentheid.

Hieronder volg 'n resep vir diegene wat self hulle hand wil waag aan beskuitbak:

Beskuitresep:

Droë bestanddele:

Een pakkie (1kg) bruismeel

Vyf koppies all bran of muesli

Anderhalf koppie suiker

Half telepel sout

Nat bestanddele:

500g botter of margarien

2 eiers 'n Half liter melk of karringmelk

Metode:

Meng droë bestanddele

Smelt botter of margarien in mikrogolf (30 tot 40 sekondes)

Meng eiers en melk of karringmelk in by gesmelte botter of margarien

Voeg nat mengsel by droë mengsel en meng goed

Pak mensel in ‘n oondbak met waspapier, spray & cook of gesmeer met olie

Plaas in voorverhitte oond teen 180 vir 10 minute en daarna 40 – 50 minute op 160.

Haal uit en laat afkoel vir ten minste ‘n uur

Sny(wanneer afgekoel) in biskuit stafies met mes en pak in twee oondbakke vir oornag droog in oond teen lae hitte.

Anders as hierdie resep word Die bak van Anys-beskuit, karringmelk-beskuit en Boer-beskuit gekenmerk deur knie van deeg met suurdeeg en wag vir die rys-proses voor dit as afsonderlike bolletjies saamgepak word in ‘n brood-pan en so oond toe gaan.

Skakel na Kraak Beskuit

Algemeen beskikbaar op winkelrakke: Ouma, Alet's, Heavenz, Van Brakelstoor

IJ Blom Somer 2025

Nog "innerlike versterking" stories: Drink likkewane aan koeie se spene? Melktert en Stoomtreine