Klokke se lui

Soos op 2026 07 09

Wanneer laas het jy 'n openbare klok hoor lui?

Woon jy dalk in die omtrek van 'n openbare klok, en hoor die half-uurlikse en uurlikse tyd aankondigings, bring dit ‘n vertroostende gevoel.

Die klokke van die Ou Raadsaal op kerkplein Pretoria is onlangs herstel en lui weer.

Die twee klank skakels hieronder bevat 'n uittreksel uit 'n RSG gesprek met Sakkie du Plooy van die Pretoria erfenis stigting en dan 'n opname van die klok soos voorsien deur Sakkie. As die skakels nie verskyn op 'n I Phone nie, gaan na "page settings" en skakel "reader mode" af.

Ander openbare geboue soos kerke, meestal met ‘n horlosie en weerhaan op die toring, is gewoonlik aanduidend van die tyd-vak waartydens ‘n gemeenskap ontstaan het.

Die Voetspore Gemeenskapskerk(opgerig 1958) Hoek van Molteno weg en Van Riebeecklaan, Lyttelton Pretoria se klok slaan steeds getrou op elke uur en halfuur. Hieronder is skakels na opnames wat in Maart 2023op ‘n Saterdagoggend half sewe en sewe uur gemaak is van die besondere klok wat 'n F kruis toonhoogte het:

Meer inligting oor hierdie gemeente, asook enige ander NG gemeente is beskikbaar op dieGemeentegeskiedenis skakel hieronder: Gemeentegeskiedenis

Hieronder is ook 'n youtube skakel na Ds Johan van der Merwe se interessante vertelling oor Stellenbosch Kruiskerk se ses klokke youtube skakel na Stellenbosch klokke

Luister na 'n kort uittreksel uit die youtube video: Ook 'n opname soos gemaak deur Alet Roux van die Gamtoos Vallei Oos(Patensie) se klok: Opname van Elarduspark Pretoria se klok wat onlangs weer herstel is: Ook 'n uittreksel uit BBC se program "song of the Bell" oor Italiaanse klokmakers Of luister na die volle BBC program op die skakel hieronder: Luister na BBC program Song of the Bell In Augustus 2025 is die klokke van die Kaapstad Stadsaal herstel en lui weer na 15 jaar se stilte. Klank van Big Ben in Londen : Big Ben met vuurwerke nuwejaar 2026 IJ Blom Julie 2026 Terug na BLOMS