Op watter dag van die week?
Hoe om die dag uit te reken
Kopkalender Soos op 2025 11 14
Al iemand ontmoet wat as’t ware uit die vuis kan sê op watter dag van die week ‘n sekere datum val?
Die geheim daaragter is tot almal se beskikking.
Dit verg net memorisering van ‘n paar maklik-om-te-onthou datums en die verstaan van wat ‘n “indeksdag” is.
In 2025 was die indeksdag byvoorbeeld Vrydag. Dit beteken dat al die maklik-om-te-onthou datums(sien hieronder) op ‘n Vrydag geval het.
Die baie-maklik-om-te-onthou datums is:
4 van 4 (4 April)
6 van 6 (6 Junie)
8 van 8 (8 Augustus)
10 van 10 (10 Oktober)
en 12 van 12 (12 Desember
Maklik om dus net 4/4, 6/6, 8/8, 10/10 en 12/12 te onthou
Vervolgens memoriseer mens 9/5 en 5/9 (9 Mei en 5 September soos in die “nine to five” liedjie)
ook 11/7 en 7/11 (11 Julie en 7 November, of dink aan die 7/11winkels)
Dan pi dag of 14 Maart (uitgedruk as 3.14 as pi se desimaal)
Laastens die laaste dag van Februarie, ongeag of dit op ‘n skrikkeljaar val of nie
Maart en November se indeks-dae is veelvoude van 7 (7 14 21 28) en so ook Februarie van nie-skrikkeljare.
Al hierdie datums het in 2025 op 'n Vrydag geval, in 2026 sal dit op 'n Saterdag wees , in 2027 op 'n Sondag.
Kom ons toets dit : Op watter dag van die week val versoeningsdag (16 Desember) in 2026?
Mens dink dadelik aan Desember as 12/12, weet dat dit ‘n Saterdag is vir 2026, tel vier dae by en jy kry Woensdag .
Wat van 'n datum in 2027 (indeksdag skuif aan na Sondag? 1 Mei 2027 is werkersdag en ons weet nou 9/5 sal 'n Sondag wees in 2027, dus ons tel net terug en vind 1 Mei 2027 val op 'n Saterdag.
En 16 Junie (jeug dag) 2026?
6/6 sal in 2026 'n Saterdag wees, dus (tel 10 dae by) en sien 16 Junie 2026 sal 'n Dinsdag wees.
Elke vierde jaar (skrikkeljaar) slaan die indeksdag een oor. Waar 2027 se indeksdag Sondag sal wees, spring 2028('n skrikkeljaar) na Dinsdag.
Indeksdae vir die volgende paar jaar:
2026 Sat, 2027 Son, 2028 Din (skrikkeljaar), 2029 woensdag
, 2030 Don, 2031 Vry, 2032 Son (Skrikkeljaar)
IJ Blom28 November 2025 (Vrydag)