Kopkalender

Op watter dag van die week?

Hoe om die dag uit te reken

Kopkalender Soos op 2026 06 25

Al iemand ontmoet wat as’t ware uit die vuis kan sê op watter dag van die week ‘n sekere datum val?

Die geheim daaragter is tot almal se beskikking.

Dit verg net memorisering van ‘n paar maklik-om-te-onthou datums en die verstaan wat ‘nbepaalde jaar se “indeksdag” is.

In 2026 was die indeksdag byvoorbeeld Saterdag. Dit beteken dat al die maklik-om-te-onthou datums(sien hieronder) op ‘n Saterdag geval het.

Die baie-maklik-om-te-onthou datums is:

Vier van vier (4 April)

ses van ses (6 Junie)

agt van agt (8 Augustus)

tien van tien (10 Oktober)

en twaalf van twaalf (12 Desember

Maklik om dus net 4/4, 6/6, 8/8, 10/10 en 12/12 te onthou

Vervolgens memoriseer mens 9/5 en 5/9 (9 Mei en 5 September soos in die “nine to five” liedjie)

ook 11/7 en 7/11 (11 Julie en 7 November, of dink aan die 7/11winkels)

Dan pi dag of 14 Maart (uitgedruk as 3.14 as pi se desimaal)

Laastens die laaste dag van Februarie, ongeag of dit op ‘n skrikkeljaar val of nie

Maart en November se indeks-dae is veelvoude van 7 (7 14 21 28) en so ook Februarie van nie-skrikkeljare.

Al hierdie datums het in 2026 op 'n Saterdag geval, in 2027 sal dit op 'nSondag val,

Kom ons toets dit : Op watter dag van die week val versoeningsdag (16 Desember) in 2026?

Mens dink dadelik aan Desember as 12/12, weet dat dit ‘n Saterdag is vir 2026, tel vier dae by en jy kry Woensdag .

Wat van 'n datum in 2027 (indeksdag skuif aan na Sondag? 1 Mei 2027 is werkersdag en ons weet nou 9/5 sal 'n Sondag wees in 2027, dus ons tel net agt dae terug en vind 1 Mei 2027 val op 'n Saterdag.

En 16 Junie (jeug dag) 2027?

6/6 sal in 2027 'n Sondag wees, dus (tel 10 dae by) en sien 16 Junie 2027 sal 'n Woensdag wees.

Elke vierde jaar (skrikkeljaar) slaan die indeksdag een oor. Waar 2027 se indeksdag Sondag sal wees, spring 2028('n skrikkeljaar) na Dinsdag.

Indeksdae vir die volgende paar jaar:

2027 Sondag, 2028 Dinsdag (skrikkeljaar), 2029 woensdag

, 2030 Donderdag, 2031 Vrydag, 2032 Sondag (Skrikkeljaar)

IJ Blom Junie 2026